This is me!

Johannesburg, Gauteng, South Africa
Ek is alom bekend as die 'ewige student'. Na n wonderlike 4 jaar op Stellenbosch, waar ek per ongeluk n B.Sc verwerf het, het my strewe om n titel te kry, my genoodsaak om na die goudstad te swerf, waar ek die afgelope 5 jaar leer hoe om mense rond te ruk as n chiropraktisyn.

Tuesday, April 24, 2007

Hier is ek!

Hier is ek nou... Nog altyd gedink mense wat goed op die internet skryf vir ander om te lees is... man om eerlik te wees, MAL! Maar sedert ek self n keer of wat iemand se blog besoek het, het ek begin dink: 'Miskien'. En sedert ek die eerste keer: 'Miskien' gedink het, het my gedagtes so gevorder dat ek nou vandag, 24 April 2007, as't ware my "debuut" maak. So, welkom aan my!

Ek sal nou maar my eerste blog kort hou, en maar net die water toets. So hier gaan hy!!!
Toets een, twee, drie...

6 comments:

Pienk Zuit said...

Welom in die Blogosfeer. Onthou om jou soos 'n gentelman te gedra ne!

Denker said...

Dankie zuit! Voel nou sommer onmiddelik meer self-versekerd. Natuurlik gedra ek my soos n gentleman. Ek is seker jy weet dit... In elk geval, ek sien uit daarna om allerlei kwessies te bespreek, opinies in te win, en te lewer.

Do Kwang said...

WAAR'S DIE GYMIEE!?

Denker said...

Do, die gymie is toe, en sal slegs gedurende raas-tye besigheid doen. Ek wonder nog altyd wat die rede daarvoor is. Dis nie asof jy raas as jy n paai en n melkie verorber nie...

Lammervanger said...

Pubrekeninge moet voor Dinsdag betaal wees asseblief...

Denker said...

Pub rekeninge is n lelike ding! Het gewonder of ek dalk my rekening in die nuwe maand kan vereffen...